Posted by: cobus | Mei 8, 2008

11 Mei, Genesis 12 – God roep vir Abraham

Die Woordwyser se teks vir hierdie Sondag is Genesis 11:28-12:9. Dit gaan oor die roeping van Abraham, nogals gepas op hierdie stadium in ons gemeente, aangesien ons sopas vir mekaar gesê het dat ons roepingsbewustheid een van ons sterk punte in hierdie gemeente is. Ons glo dat God ons geroep het.

Toe ek weer Abraham se verhaal, en oor Abraham se verhaal begin lees, het hierdie prentjie in my kop opgekom:

EmergingSA banner

Dit was die banner van my eerste blog gewees. Ek het hierdie op hierdie prentjie besluit omdat die metafoor van ‘n reis vir my in die afgelope jare baie begin beteken het. “Life’s a journey. Enjoy the ride“, was die slogan van ‘n bekende maatskappy toe ek kind was, dit is mos nogsteeds nie waar nie? Ek het een keer ‘n kamp gehou waar dit die theme was.

Abraham se verhaal gaan ook oor ‘n reis, of ten minste. Abraham word deur God genooi, nee, sterker nog, deur God geroep, om op reis te gaan. Fisies, maar oor spiritueel. Fisies word Abraham uit Ur geroep na Kanaän. Spiritueel word Abraham geroep van daar waar hy is, na ‘n lewende verhouding met God, God roep daarmee saam vir Abraham om op ‘n nuwe manier te kom deelneem aan die geskiedenis.

Dieselfde God wat geskep het, so vertel Genesis, is op kreatiewe wyse betrokke by die geskiedenis deur Abraham. God seën vir Abraham, en daardeur word Abraham ‘n seën vir die wêreld. Dit is een van die belangrikste draaipunte in die geskiedenis. Die skepper-God van Genesis 1-11 vind ons hier uit is ook die God wat betrokke is in die geskiedenis, wat ook deur mense betrokke raak in die geskiedenis.

Ek was nie die klas se grootste poësie kenner op skool nie, die klein bietjie liefde wat ek vir die poësie en kuns het, is danksy goeie vriende wat ek later in my lewe ontmoet het. Maar ek onthou nog van skooldae af Robert Frost se The Road Not Taken:

Robert Frost. 1875

            The Road Not Taken

 

Two roads diverged in a yellow wood, 

And sorry I could not travel both          

And be one traveler, long I stood         

And looked down one as far as I could

To where it bent in the undergrowth;              5

           

Then took the other, as just as fair,       

And having perhaps the better claim     

Because it was grassy and wanted wear;          

Though as for that, the passing there     

Had worn them really about the same,     10

           

And both that morning equally lay         

In leaves no step had trodden black.    

Oh, I marked the first for another day! 

Yet knowing how way leads on to way

I doubted if I should ever come back.     15

           

I shall be telling this with a sigh 

Somewhere ages and ages hence:         

Two roads diverged in a wood, and I,

I took the one less traveled by,

And that has made all the difference.    

 Vreemde konnektasie? Ek vrees altyd oorvereenvoudiging, maar ek dink daar is twee paaie wat ons op hierdie stadium uit kan kies. Albei word gekies, albei is al bietjie geloop:

Die een pad vra dat ons ons godsdiens net in die geestelike moet beleef. Hierdie pad sê dat hoeveel ek bid, en hoe ek bid is baie belangrik. Of ek die regte “geestelike ervarings” het is baie belangrik. Of ek die regte selgroep bywoon, of die regte groot events is ook baie belangrik, want al hierdie dinge help my om die “geestelike sy van my lewe” in orde te kry (kyk hoe skryf ‘n ander dominee oor hierdie selfde ding hier). Nou, hierdie goed is nie sleg nie, maar uit my styl kan jy seker agterkom dat ek nie oor opgewonde is oor hierdie pad nie. En Abraham is deel hiervan, want Abraham se pad lyk baie anders. Op die pad wat Abraham loop, die ander pad wat vandag nog deur sommige gekies word, is ons geestelike lewe absoluut totaal en al deel van hierdie werklikheid.

As ek dan nou oor roeping praat, op die een pad word ons geroep uit hierdie wêreld uit, op die ander in hierdie wêreld in (het onlangs op ’n ander manier daaroor geskryf hier). Laat my nogals dink aan ‘n beeld van die kruis wat ek iewers op afgekom het, en toe hierdie week weer meer as een keer gehoor het. Ons bekering is soos die kruis, dit het ‘n vertikale en ‘n horisontale been. ‘n Bekering na God, en ‘n bekering na die mense rondom ons, lees meer daaroor hier. Abraham se roeping wys iets hiervan, maar ek dink ons het die horisontale deel bietjie vergeet…


Responses

  1. [...] same breath call Abram to also be a blessing to those around him (see some thoughts in Afrikaans here). God call Abram, but he doesn’t call him out of this world, but to be wholly part of this [...]


Leave a response

Your response:

Kategorië