Wel, vir die (wat basies almal van ons insluit) wat lanklaas op die blog was, baie welkom terug.
Ek het die blog laas jaar create hoofsaaklik as ‘n tipe eksperiment, om te kyk of die idee van ‘n blog sal kan werk op gemeentevlak. In die laaste paar weke het ‘n paar mense begin idees uitruil om ons website bietjie “op te kikker”. Maar al hoe meer besef ons dat die gesprek dwing ons om ons digitale bediening, e-bediening, internet bediening, noem dit wat jy wil, totaal te revolutionize!
Ek deel graag bietjie van die idees, en nooi jou uit om nog te deel, of vrae te vra, of wat ookal.
Vir ‘n begin wil ons die website verander. Ons website moet ons teologie weerspieël, in hoe dit simbole gebruik, in wat prioriteit kry, in kort, in die hele ontwerp. Daarvoor gaan die hele look verander, en gaan die site organiseer word rondom ons drie simbole. Dit dwing ons nogals om weer te dink oor die betekenis van wat ons sê met hierdie simbole.
Saam met die website wil ons in die toekoms ruim gebruik maak van Web 2.0 tegnologie. Van die aspekte wat reeds begin loop en waarby jy kan opsign is die volgende:
- Jy kan ons facebook group join. Facebook is ‘n social networking tool waarmee mense met mekaar oplink
- Ons share foto’s ons flickr group
- Hierdie blog sal ook hopelik meer en meer aktief begin raak in die volgende paar weke
- Ons weeklikse Muisbesoek het reeds ‘n hele aantal intekenaars, email gerus die kerkkantoor by info2@kameeldrif.ng.org.za as jy nog nie dit ontvang nie
Van die aspekte waaraan ons nog sal werk is:
- Die moontlike gebruik van wiki’s, waar ons byvoorbeeld saam kan skryf aan ons gemeente storie
- Podcasting van preke en ander dinge wat gebeur by die gemeente waar die klank opgeneem is, sodat jy dit op jou rekenaar kan besit
Ek praat nou van e-bediening, en gebruik so die algemene term wat mens byvoorbeeld by die e-Kerk vind. Ek weet nie os dit die beste term is nie, so as jy aan ander moontlikhede kan dink, los gerus ‘n comment. Enige idees is ook welkom. En as jy enigsins belangstel om deel te neem aan hierdie verskillende vorme van bedieninge, stuur gerus vir my ‘n boodskap, of los ‘n boodskap op die blog, of vind my op facebook, los ‘n boodskap daar, of stuur een deur facebook, of SMS, of MXit, of kry my sommer na kerk. Daar is soveel maniere waarop jy kan kontak maak…