Baie dankie aan almal wat by die byeenkoms was en aan die gesprek deelgeneem het!Wat droom ons vir ons gemeente se jeug? Wat droom ons jeug vir ons gemeente?“Prentjie-drome” is reeds deur die Y-Knot-span self asook deur lede van SOUT saamgestel. Ons sien met verwagting uit na die “prentjie-drome” van ander lede van ons gemeente, soos van die Credo-leiers by hulle voorgenome kamp 17 tot 19 Augustus. Hoe meer gemeentelede (en veral jongmense) aan die proses deelneem, hoe duideliker sal die antwoorde op die “wat droom ons”-vrae wees. Tog het die volgende duidelik na vore begin kom:
Ons kinders en jongmense droom van ‘n gemeente
- waar almal welkom voel, waar dit lekker is en waar lekker dinge gebeur;
- waarbinne geestelik groei plaasvind;
- waar gesinsbande versterk word en gesinne as geheel betrokke raak;
- waar menseverhoudings gebou word, na binne en na buite, oor kulturele en taalgrense heen;
- wat ‘n verskil in die wêreld maak en deel is van God se nuutmaakproses.Hierdie drome sluit aan by ‘n gemeente-droom wat reeds gestalte begin kry het in ‘n nuwe logo, missie-stelling en gemeente-gebed: sagte harte, helder ligte en lewende water.Die Y-Knot-droom vir ons gemeente moet nou geformuleer word sodat dit na die gemeente geneem kan word vir finalisering, goedkeuring en implementering. En by die implementering en waarmaking van hierdie droom wil ons graag ons jongmense aktief betrek.
Een en almal se insette is belangrik en waardevol. Om julle te help, plaas ons die volgende sleutelterme wat op uit die vergadering gekom het:
toerusting
voorbereiding
egtheid
uitreik
Christus se voete en hande
troos
sorg vir mekaar
opheffing van ons gemeenskap
vrede oor die toekoms
skep van geleenthede
kerk vir die hele gemeenskap
Ons hoor graag van julle.
Haai almal,
Ek vertrou dat ons binnekort ‘n lewende gesprek aan die gang sal hê! Ons moet net onthou dat ons nooit enige sukses sal behaal as ons dit in eie krag aandurf nie. Daarom vertrou ek ook dat ons almal in ons daaglikse gebede voorbidding vir hierdie saak sal doen. Dan sál God aan ons sy Gees gee. Ons sal tot alles in staat wees deur Christus wat ons krag gee!
Kobus N
By: kobusn on Augustus 14, 2007
at 9:10 nm
Ek sit nou sommer en dink. Ons sou seker sommer kon bly by sagte harte, helder ligte en lewende water, hoekom doen ons dit nie?
Dalk is dit juis omdat daar soveel maniere is om dinge te sê, en dit nie oor beter en slegter, of meer en minder reg gaan nie, maar net dat verskillende mense dinge op verskillende maniere sê. O ja, en dalk is daar hier en daar drome wat bietjie meer spesifiek is: meer spesifiek vir Kameeldrif, of vir ons jongmense.
So, in my droom… ek hou nogals daarvan om te praat van Jesus se hande en voete. Jesus se hande en voete vir mekaar en vir die wêreld.
Dalk wil ek met hierdie comment sommer nog iets sê: Almal se idees is belangrik! Kom skryf sommer net ‘n stukkie, iets wat jy as deel van ‘n droom sien. ‘n Sinnetjie, of dalk net ‘n paar woorde. Dalk is dit ‘n uitgebreide ding, dalk baie spesifiek, skryf dit soos wat jy wil, maar kom almal skryf iets!
By: Cobus on Augustus 15, 2007
at 5:27 nm
Ek het nou die aand ‘n stelling gemaak oor “Dam se ganse”. NA die tyd het ek gedink ek moes net die volgende ook gesê het: Die Here is lief vir elke gaans van elke dam! Ongeag!
Ek gaan nie die kamp kan bywoon nie, maar sal aan julle dink in my gebede.
Groete
Deon V
By: Deon Viljoen on Augustus 21, 2007
at 9:48 vm