die “gemiddelde” ouderdom van ons lidmate is ongeveer 37 jaar — 63% is jonger as 40 jaar ‘n 37% is jonger as 25; minder as 10% is ouer as 65 jaar (wat ‘n weerspieëling van ons omgewing is)
Hierdie kom uit die Y-knot verslag, en was vir my nogals interessant. Dit is ‘n totaal ander prentjie as wat ons oor die algemeen in die NG Kerk, en waarskynlik ook ander kerke, vind. Ek’s nog nie lank genoeg in die omgewing om te kan sê hoekom dit so lyk nie. Dalk wil iemand probeer help. Hoekom dink julle bly hier in ons omgewing soveel jonger mense?
Verder nog, wat dink julle sê dit vir ons oor ons jeugbediening? As amper 40% van ons gemeente onder 25 is? As 63% van ons gemeente onder 40 is? Hoe sal ons drome moet lyk in ‘n gemeente wat so lyk?
Sal graag bietjie gedagtes wil hoor.