Posted by: cobus | Julie 23, 2007

kenmekaar

Die blog is nou al ‘n paar weke aan die gang, maar ons het eers hierdie week in die familienuus daarvan vertel, so eintlik begin ons nou maar eers. Lees gerus die vorige post om bietjie meer te hoor oor wat aangaan. Die weke wat kom is ‘n ongelooflike belangrike tyd vir ons by die Y-knot span, en ons hoop dat dit ook vir almal wat by ons jeug betrokke is ‘n belangrike tyd sal wees.

Onthou net, almal beteken werklik almal! Die jeug self (besluit jy maar self of jy nog deel is, maar dit sluit nie net ons skoolgaande jeug in nie), hulle ouers, vriende, ouma en oupa. Ook ons kategete, jeugwerkers, kerkraadslede, predikante, onderwysers… ek sou die lysie seker nog langer kon maak. Eintlik hoop ons dat dit die hele gemeente sal insluit.

Ons wil graag julle drome hoor vir ons jeug. Kom droom saam met ons in die weke wat kom.

Maar eers, kenmekaar! Los vir ons ‘n boodskap, sommer ‘n kort enetjie soos:

Hallo

Cobus

Of watookal:-) Net om te wys jy’s hier.

Besoek die blog gerus gereeld in die volgende paar weke


Responses

  1. Hallo
    Cobus hier! Gesels gerus saam ons

  2. Hierdie is net ‘n toets comment

  3. Haai cobus.. Ek wil net se dat ek dink die praise & worship aand is ‘n goeie idee vir Sondag! Ons het nog nie regtig eintlik so iets gedoen by ons jeugdienste nie.

  4. Hi ja die praise and worship ding klink kwaai cool. ek wens die kerkgangers wil sommer elke sondag geniune praise en worship wanneer hulle sing. die dooierige manier van sing is rerig nie baie cool nie. lofliedere klink soos sad songs en almal lyk ook sad. wat van bietjie hande lig en juig?

  5. Die comments vir die jeugweek is nou oop, so ek het daar gereply op jeugweek goed.
    Maar as jy hier aankom, los gerus vir ons ‘n boodskappie!

  6. Haai Cobus,

    Jy is ‘n ster! Ek is bly om te sien die “blog” het aan die gang gekom, maar dit sal wonderlik wees as meer gemeentelede gereeld deelneem aan die gesprekke. Dit sal ons help om te weet hoe ons mense dink, voel, lewe en droom.

    Ek wil graag almal bedank wat op een of ander manier by ons jeug betrokke is, en veral ons jongmense self. Julle is kosbaar!

    Groete en seenwense,
    Kobus Nieuwenhuis


Leave a response

Your response:

Kategorië