Goed, so julle het gesê ons blog daaroor, nou blog ons:-)
Kan ek dalk net eers sê dankie aan almal wat vanaand by die vergadering was, een ding het nogals vir my uitgestaan vanaand, en dit is dat daar nog baie praat is wat voorlê! Soveel dinge wat ons nog saam moet deurdink, en oor praat, droom, en dan gaan toets. Maar dis wonderlik wanneer dit begin gebeur.
So, die jeugweek. Jeugweek is 19-22 Augustus. 19 Augustus is jeugdiens, en dan loop dit nog vir drie dae daarna. Dis werklik net om die draai, en ek is heel in die duister oor wat presies ons moet doen. Julle het klaar byvoorbeeld een van die idees vir ons duidelik gemaak dat dit nie ‘n goeie idee is nie:-)
So, Levi kom iewers, hulle het so produksie wat hulle doen, konsert tipe ding, met sing, musiek, danse ens. Tiaan het dit nog geskryf iewers laasjaar (vir die van julle wat op die skoolverwisselingskamp was, en hom nou sal ken).
Ons het gedink om iewers net ‘n lekker praise & worship tipe aand te hou, nie ‘n show nie, maar ‘n lekker saam sing-ding. Dalk Sondag?
Ek dink nou sommer, ons praat baie oor betrokke raak in ons gemeenskap, dalk sou mens iewers bietjie die stories van ons gemeenskap op ‘n tiener manier kan laat gehoor word? Foto’s van die plakkerskamp, tronk, en ander goed uit die omgewing?
As daar spesifieke mense is wat julle graag sal wil sien, ons het nou vanaand spesifiek rondom sport-sterre gepraat, maar dit kan wyer as dit ook wees, noem ook maar.
Mense praise & worship op verskillende maniere, en mens moet dit seker maar altyd onthou. Party steek hulle hande in die lug, ander nie. Party sing sommer lekker hard, ander beleef God in stilte (kom woon gerus iewers ‘n skemer erediens op Dinsdag aande by).
Maar baie van ons jongmense het tog ‘n behoefte aan ‘n bietjie ander styl van praise & worship, ons kan so iets probeer reël. Het nogals gedink aan die ouens wat ons gelei het op die skoolverwisselingskamp, wat dink julle?
By: cobus on Julie 25, 2007
at 4:29 nm
Ja dit sal baie nice wees as ons hulle kan kry. Ek’s mal oor hulle styl, en die manier hoe hulle saam speel. Hulle is ook nog jonk en weet waarvan ons jongmense hou…
By: ilonka on Julie 25, 2007
at 5:21 nm