Posted by: roelfopperman | September 14, 2009

Lewende Water vir die week

Meeste van ons bekommer ons onnodig oor te veel goed.  Deur jou egter te bekommer kan jy niks aan ‘n saak verander nie.

Kyk bietjie wat sê die navorsing:

Ongeveer:

  • 40% van al die dinge waaroor ons ons bekommer, gebeur nooit.
  • 30% van al ons bekommernisse het te doen met besluite wat ons in die verlede gemaak het waaraan ons nie kan verander nie.
  • 12% fokus op kritiek wat ander mense uitspreek omdat hulle minderwaardig voel.
  • 10% hou verband met ons gesondheid, wat net deur bekommernis kan vererger.
  • 8% van ons bekommernisse sou ons as “geldige” bekommernisse kon beskryf.

Jesus sê in 1 Petrus 5:7  “Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.”

Sterkte vir die week

Roelf Opperman

Posted by: cobus | Julie 24, 2008

jeugdiens oor God

Ek sit eintlik al lank en top oor hierdie preek, ek weet al vir maande lank dat iewers sal ek hom wil preek, ek het geweet dat ek oppad is hierheen, maar selfs nou, net ‘n paar dae voor Sondag, besef ek net hoe moeilik dit is. En dit is tog vreemd, want die kerk is dan nou veronderstel om die expert op “God” te wees, dominees is mos veronderstel om vinnig vir jou te kan vertel wie God is, nie waar nie?

Ek raak al hoe meer oortuig dat as iemand te vinnig God in ‘n paar stellings vasvang, dit waarskynlik nog nie God is nie. Ja, God is vir die kleinste kindjie “kenbaar”, selfs die kleinste kindjie kan iets van God ervaar, en ek dink verstaan ook. Maar altyd sal ons maar besig bly om nog oor God te praat. As dit nie so was nie, as God nie ook partymaal baie moeilik was om te verstaan nie, dan was dit tog nie God nie, of hoe?

Elkgeval, dis moeilike goed, maar ons moet tog iewers vir mekaar sê: “hoe praat ons dan nou oor God?”. O, ek moet dalk net noem, hierdie is nie die plek waar ons God gaan bewys nie, daarvoor sien ek nie kans nie. Nee, in God glo ek, ek beleef God, maar bewys weet ek nie so mooi van nie. Wat ek eerder dink belangrik is, is hoe praat ons dan oor God? Watse woorde gebruik ons oor God?

Kom ek maak net ‘n paar laaste opmerkings. Ek dink daar is beter en slegter maniere om oor God te praat. Ek dink daar is maniere wat ons oor God praat wat ons uiteindelik tot ongeloof sal dryf, omdat dit net nie sinmaak nie. Ek dink daar is maniere waarop ons oor God praat, waarmee ons ander mense baie seermaak, omdat ons ‘n God skep wat hulle nie kan hanteer nie. Maar genoeg van dit, ek gee jou bietjie dinkstof tot Sondag…

Daar is basies twee maniere waarop mense oor God gepraat het. Die een is ‘n God wat daar ver is, wat van tyd tot tyd afkom om iets te doen hier op aarde. Die ander is ‘n God wat hier is, wat orals is, waar alles wat bestaan binne God is, en God nog groter as dit alles is. Waar alles wat gebeur is God gebeur, en ons nie kan sê dat God spesifiek nou iets gedoen het, en op ‘n ander tyd niks gedoen het nie. Dit is hierdie tweede manier van oor God praat wat ek bietjie oor wil gesels Sondag…

Posted by: cobus | Junie 11, 2008

Naäman en Elisa – Sondag 15 Junie

Ons lees Sondag die verhaal van Naäman se genesing in 2 Konings 5 saam. Dit is ‘n ongelooflike storie wat aan die een kant so mooi met jeugdag link, wanneer dit begin vertel hoe ‘n meisie, ‘n jong dogtertjie (ek hou dalk net daarvan om te dink sy was maar nog ‘n kind), vir hierdie belangrike man vertel dat hy genesing by Elisa sal kan kry.

Die verhaal moes ou Israel se wêreldbeeld bietjie kom skud het, want dit kom vertel van ‘n geloof wat universeel is, wat groter as net hulle volk is. Tog so menslike probleempie, dat ons alewig maar dink dat God meer van my groupie hou as van ander. Maar Naäman die Siriër word genees deur Elisa die Israeliet.

Nog ‘n ongelooflike ding wat mens bietjie laat wonder is die openheid wat Elisa het. Naäman vra hom vir grond om op te offer, want in daai tyd is geglo dat jy net op die land van die God wat jy aanbid mag offer. So, nou ry Naäman twee vragte grond aan om ‘n altaar op te bou. Maar dit gaan verder, hy vra sommer byvoorbaat omverskoning omdat hy steeds gaan moet gaan aanbid by die god van sy koning, en Elisa moan nie met hom nie.

Die Jode van Jesus sy tyd het hierdie storie maklik misgelees, en wanneer Jesus volgens Lukas dit tydens sy intreëpreek onder hulle neuse kom vryf dan wil hulle hom doodmaak. Gaan lees gerus Lukas 4:16-30, veral vers 27-30. En as hierdie radikale boodskap onder one neuse gevryf word?

Ek dink ons is so bietjie soos Naäman, deurdat ons genesing nodig het, en dit dalk moet soek op ‘n plek waar ons glad nie aan dink nie. Ons is ook so bietjie soos Elisa, deurdat ons genesing moet bied op plekke waar ons glad nie aan dink nie. Ons is maar net mens deurdat ons steeds moet leer hoe radikaal groot God se plan met dinge is.

Wat sê hierdie gedeelte vir ons gemeente? Wat sê dit vir ons as gelowiges in Suid Afrika? Wat sê dit vir jou individueel? Hoe preek mens vandag oor so iets?

Posted by: cobus | Mei 29, 2008

projek 373

Aksieplan :  Projek 373

Die gemeente het met skok kennis geneem van die moorde en sinlose, geweldadige misdaadgeweld in ons gemeenskap.  Ons wil ons verontwaardiging en woede uitspreek oor dit wat tans aan die gebeur is en ook dit wat reeds die afgelope tyd gebeur het.   Dit is onaanvaarbaar dat brose mense wat aan ons sorg toevertrou is verkrag, vermink en gedood word.  Ons ly saam met die res van Suid-Afrika waar baie gemeenskappe en kulture slagoffers geword het van misdaadgeweld.  Dit is vir ons onaanvaarbaar dat hierdie misdaad veroorsaak dat gemeenskappe as gevolg van die optrede van misdadigers mekaar begin wantrou en in vrees begin lewe.

 

Omdat ons ’n vaste geloof het in die Drie-enige God wat nuwe lewe uit niks kan skep, word ons gedryf om op hierdie situasie met ’n omvattende aksieplan te reageer.  Ons glo dat Psalm 37:3 weer sigbaar kan word en ons wil daaraan meewerk om ons gemeenskap met die krag van God weer veilig en nuut te maak. Ons erken dat ons deel van Suid-Afrika is en dat baie gemeenskappe en kulture is wat ly onder misdaadgeweld

 

Ons noem die veiligheidsaksieplan Projek 373 na aanleiding van Psalm 37:3 : “Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.”

Dit is dan ook die visie wat ons vir ons gemeenskap het – ’n veilige plek sonder verlies, hartseer, ontsteltenis, pyn, woede, gevoel van ontreddering en angs as gevolg van mense wat uit beheer is.

 

Ons aksieplan lyk soos volg:

 

Gebed: 

Ons is afhanklik van die Here en ons kan niks sonder Hom doen nie.

        Daarom bid ons gebedsketting daagliks vir die misdaadsituasie in ons gebied.

          Ons bid ook elke Maandagaand om 19:00 saam met die res van die gemeenskap in ons eie huise.

        Selgroepe en Bybelstudiegroepe word ook gevra om die misdaadsituasie in ons land elke keer as hulle bymekaar kom op die tafel te sit vir gebed.

        Ons bid spesifiek vir die land se regering dat daar sterk leiers na vore sal tree wat die situasie onder beheer sal bring

 

Draers van hoop

Gelowiges is altyd draers van hoop- al lyk dit of alles rondom ons vergaan. 

-          Daarom sal ons steeds in ons eredienste op God gefokus bly en aan Hom bly vashou

-          Ons sal mense aanmoedig om hulle persoonlike verhouding met die Here te herstel

-          Ons sal mense leer hoe om God toe te laat om hulle denke te vernuwe

-          Ons sal ook die Lewende Water van sy Woord na ons gemeenskap bly uitdra deur ook saam met die ander Christelike kerke in ons omgewing hande te vat in uitreik projekte

-          In samewerking met die gemeenskap wil ons ook ’n sentrum vestig waar predikers en gemeenteleiers van inheemse kerke opgelei kan word om dan later die Woord self aan hulle lidmate te haan uitdeel.  Waardes soos respek, liefde, en verdraagsaamheid sal gekommunikeer word.

 

Professionele ondersteuning:

Wanneer iemand deur misdaadgeweld getref is, is dit nodig om professionele hulp te kry. 

-          By ons familiekliniek is daar professionele persone beskikbaar om jou hiermee by te staan

-          By die krisissentrum wat daagliks by die polisiekantoor beman word, word mense wat getraumatiseer word, ontlont en verwys na professionele hulp.

-          Ons hou ook elke Sondag na kerk ’n gespreksgroep vir almal wat deur misdaadgeweld getref is.  Ons glo dat die gesprekke daar so gefasiliteer word dat persone wat self deur misdaadgeweld getref is, mekaar kan help om heel te word.

-          Gespreksgroepe vir skoolkinders wat deur trauma gegaan het,  sal by skole en by die kerk gefasiliteer word

 

Inligting

Mens kan nooit genoeg kennis hê oor hoe om veilig te lewe nie.  Ons beplan om die volgende inligtingsessies te hê

-          Sondae na kerk sal daar lesings aangebied word hoe om paraat te wees

-          Omdat alle bevolkingsgroepe in ons gebied ly onder misdaadgeweld sal daar ook ’n werkgewer/werknemer dag gereel word waar inligting oorgedra word

-          Daar word ook ’n inligtingsdag beplan waar veiligheids uitstallers hulle produkte kan kom bekendstel

-          Inligting sal ook op die muisbesoek deurgegee word

 

Netwerkvorming

Die gemeente sien sy rol ook om die verskillende rolspelers wat elkeen op hulle eie na veiligheid kyk, bymekaar te trek en as fasiliteerder op te tree om werk te koördineer.  Hier word alreeds saamgewerk met

-          Polisiëringsforum

-          Rampbestuur

-          Community support

 

Stem laat hoor

Dit is belangrik dat die wêreld weet wat aan die gang is.  Daarom sal ons van verskeie middelle gebruik maak om ons stem te laat hoor

-          Dit gebeur wanneer ons inskakel by die polisiëringsforum

-          Dit gebeur ook wanneer ons in die openbaar aksies onderneem om ’n bewustheid onder die breër publiek  te vestig, byvoorbeeld die manne wat hule hare afgesny het as simboliek dat hulle nie op hulle eie krag vertrou nie maar dat hulle ook hierdie saak aan die Here wil oorgee

 

Veilige huis

-          ’n “Veilige huis” word in die vooruitsig gestel waar slagoffers tydelik huisvesting kan kry

-          Daar is ook alreeds lidmate wat hulle huise as veilige plekke vir kinders wat onmiddellik van ’n misdaadsituasie verwyder moet word, aangebied het

 

Langtermyn

Ons glo dat elkeen in die land die reg het tot ’n menswaardige bestaan en tot vryheid.  Daarom ondersoek ons weë in ons omgewing om werklik ’n verskil te maak ten opsigte van armoede en ander faktore wat mense se menswaardigheid aantas.  Ons glo ook dat ons weer in ’n omgewing kan woon waar ons nie uit vrees heeldag oor ons skouers moet loer nie. 

 

Ons nooi jou uit om kommentaar te lewer…

Posted by: cobus | Mei 23, 2008

Kameeldrif in die Beeld

Kyk die nuutste artikel rondom die situasie in Kameeldrif in Beeld hier.

Posted by: cobus | Mei 21, 2008

SPACE se gesprekke

Ons het ‘n interessante gesprek aan die gang by SPACE. Ek het hulle belowe dat as deel van my eie blog program ek vanaand iets daaroor sal skryf, so as jy belangstel om bietjie te kyk waaroor ons gesels, volg gerus hierdie link.

Posted by: cobus | Mei 8, 2008

11 Mei, Genesis 12 – God roep vir Abraham

Die Woordwyser se teks vir hierdie Sondag is Genesis 11:28-12:9. Dit gaan oor die roeping van Abraham, nogals gepas op hierdie stadium in ons gemeente, aangesien ons sopas vir mekaar gesê het dat ons roepingsbewustheid een van ons sterk punte in hierdie gemeente is. Ons glo dat God ons geroep het.

Toe ek weer Abraham se verhaal, en oor Abraham se verhaal begin lees, het hierdie prentjie in my kop opgekom:

EmergingSA banner

Dit was die banner van my eerste blog gewees. Ek het hierdie op hierdie prentjie besluit omdat die metafoor van ‘n reis vir my in die afgelope jare baie begin beteken het. “Life’s a journey. Enjoy the ride“, was die slogan van ‘n bekende maatskappy toe ek kind was, dit is mos nogsteeds nie waar nie? Ek het een keer ‘n kamp gehou waar dit die theme was.

Abraham se verhaal gaan ook oor ‘n reis, of ten minste. Abraham word deur God genooi, nee, sterker nog, deur God geroep, om op reis te gaan. Fisies, maar oor spiritueel. Fisies word Abraham uit Ur geroep na Kanaän. Spiritueel word Abraham geroep van daar waar hy is, na ‘n lewende verhouding met God, God roep daarmee saam vir Abraham om op ‘n nuwe manier te kom deelneem aan die geskiedenis.

Dieselfde God wat geskep het, so vertel Genesis, is op kreatiewe wyse betrokke by die geskiedenis deur Abraham. God seën vir Abraham, en daardeur word Abraham ‘n seën vir die wêreld. Dit is een van die belangrikste draaipunte in die geskiedenis. Die skepper-God van Genesis 1-11 vind ons hier uit is ook die God wat betrokke is in die geskiedenis, wat ook deur mense betrokke raak in die geskiedenis.

Ek was nie die klas se grootste poësie kenner op skool nie, die klein bietjie liefde wat ek vir die poësie en kuns het, is danksy goeie vriende wat ek later in my lewe ontmoet het. Maar ek onthou nog van skooldae af Robert Frost se The Road Not Taken:

Robert Frost. 1875

            The Road Not Taken

 

Two roads diverged in a yellow wood, 

And sorry I could not travel both          

And be one traveler, long I stood         

And looked down one as far as I could

To where it bent in the undergrowth;              5

           

Then took the other, as just as fair,       

And having perhaps the better claim     

Because it was grassy and wanted wear;          

Though as for that, the passing there     

Had worn them really about the same,     10

           

And both that morning equally lay         

In leaves no step had trodden black.    

Oh, I marked the first for another day! 

Yet knowing how way leads on to way

I doubted if I should ever come back.     15

           

I shall be telling this with a sigh 

Somewhere ages and ages hence:         

Two roads diverged in a wood, and I,

I took the one less traveled by,

And that has made all the difference.    

 Vreemde konnektasie? Ek vrees altyd oorvereenvoudiging, maar ek dink daar is twee paaie wat ons op hierdie stadium uit kan kies. Albei word gekies, albei is al bietjie geloop:

Die een pad vra dat ons ons godsdiens net in die geestelike moet beleef. Hierdie pad sê dat hoeveel ek bid, en hoe ek bid is baie belangrik. Of ek die regte “geestelike ervarings” het is baie belangrik. Of ek die regte selgroep bywoon, of die regte groot events is ook baie belangrik, want al hierdie dinge help my om die “geestelike sy van my lewe” in orde te kry (kyk hoe skryf ‘n ander dominee oor hierdie selfde ding hier). Nou, hierdie goed is nie sleg nie, maar uit my styl kan jy seker agterkom dat ek nie oor opgewonde is oor hierdie pad nie. En Abraham is deel hiervan, want Abraham se pad lyk baie anders. Op die pad wat Abraham loop, die ander pad wat vandag nog deur sommige gekies word, is ons geestelike lewe absoluut totaal en al deel van hierdie werklikheid.

As ek dan nou oor roeping praat, op die een pad word ons geroep uit hierdie wêreld uit, op die ander in hierdie wêreld in (het onlangs op ’n ander manier daaroor geskryf hier). Laat my nogals dink aan ‘n beeld van die kruis wat ek iewers op afgekom het, en toe hierdie week weer meer as een keer gehoor het. Ons bekering is soos die kruis, dit het ‘n vertikale en ‘n horisontale been. ‘n Bekering na God, en ‘n bekering na die mense rondom ons, lees meer daaroor hier. Abraham se roeping wys iets hiervan, maar ek dink ons het die horisontale deel bietjie vergeet…

Posted by: cobus | April 15, 2008

e-bediening update

Na maande wat daar dag tot dag niemand op die blog was nie, sien ek na ons nou weer aan die gang gekom het, die link op facebook gegooi het, en in die muisbesoek gesit het, begin daar wees mense die blog te besoek. Die laaste paar dae was daar weer elke dag ‘n paar mense hier gewees.

Net ‘n vinnige update oor ons e-bediening. Na Sondag oggend se afkondiging oor die CMS en CSS (iemand sê hy kon van die gallery af sommer sien hoe die meeste mense voor hom se oë wasig raak toe die terme rondgegooi word), wat ek self nie eers heeltemal verstaan nie, het daar nogals baie terugvoer gekom. Ek noem dit nogals aan my woonstelmaat na die tyd, ek kan nie onthou wanneer laas ek soveel terugvoer op ‘n afkondiging gehad het nie, en dit van mense wat nie eers verstaan het nie. So vir die mense wat nou begin inkom: Thanx, julle weet wie julle is! En sommer vir almal op die span, thanx, ek dink hier is ‘n lekker ding aan die kom.

OK, so as jy nog nie het nie, join ons facebook group hier. En vir wie belangstel, ons het ook nou ‘n wiki. Ons is besig om die content van die nuwe website daar te generate, so almal saam. Hy het gister eers opgekom, maar gaan neem gerus deel daaraan ook.

Posted by: cobus | April 7, 2008

Nuwe e-bediening

Wel, vir die (wat basies almal van ons insluit) wat lanklaas op die blog was, baie welkom terug.

Ek het die blog laas jaar create hoofsaaklik as ‘n tipe eksperiment, om te kyk of die idee van ‘n blog sal kan werk op gemeentevlak. In die laaste paar weke het ‘n paar mense begin idees uitruil om ons website bietjie “op te kikker”. Maar al hoe meer besef ons dat die gesprek dwing ons om ons digitale bediening, e-bediening, internet bediening, noem dit wat jy wil, totaal te revolutionize!

Ek deel graag bietjie van die idees, en nooi jou uit om nog te deel, of vrae te vra, of wat ookal.

Vir ‘n begin wil ons die website verander. Ons website moet ons teologie weerspieël, in hoe dit simbole gebruik, in wat prioriteit kry, in kort, in die hele ontwerp. Daarvoor gaan die hele look verander, en gaan die site organiseer word rondom ons drie simbole. Dit dwing ons nogals om weer te dink oor die betekenis van wat ons sê met hierdie simbole.

Saam met die website wil ons in die toekoms ruim gebruik maak van Web 2.0 tegnologie. Van die aspekte wat reeds begin loop en waarby jy kan opsign is die volgende:

  • Jy kan ons facebook group join. Facebook is ‘n social networking tool waarmee mense met mekaar oplink
  • Ons share foto’s ons flickr group
  • Hierdie blog sal ook hopelik meer en meer aktief begin raak in die volgende paar weke
  • Ons weeklikse Muisbesoek het reeds ‘n hele aantal intekenaars, email gerus die kerkkantoor by info2@kameeldrif.ng.org.za as jy nog nie dit ontvang nie

Van die aspekte waaraan ons nog sal werk is:

  • Die moontlike gebruik van wiki’s, waar ons byvoorbeeld saam kan skryf aan ons gemeente storie
  • Podcasting van preke en ander dinge wat gebeur by die gemeente waar die klank opgeneem is, sodat jy dit op jou rekenaar kan besit

Ek praat nou van e-bediening, en gebruik so die algemene term wat mens byvoorbeeld by die e-Kerk vind. Ek weet nie os dit die beste term is nie, so as jy aan ander moontlikhede kan dink, los gerus ‘n comment. Enige idees is ook welkom. En as jy enigsins belangstel om deel te neem aan hierdie verskillende vorme van bedieninge, stuur gerus vir my ‘n boodskap, of los ‘n boodskap op die blog, of vind my op facebook, los ‘n boodskap daar, of stuur een deur facebook, of SMS, of MXit, of kry my sommer na kerk. Daar is soveel maniere waarop jy kan kontak maak…

Posted by: cobus | Augustus 26, 2007

magaliesberg verslag

Hier is my paar gedagtes n.a.v die kamp. Voeg gerus by as jy daar was, of as jy nie daar was nie.

Zander van der Westhuizen is predikant by Lynnwood gemeente, ‘n vriend van my, verloofde aan een van my beste vriendinne, en koördineerde van die Y-knot program. Ons sit gister oggend op ’n punt en gesels, toe sê hy ’n ding wat ek gedink het baie waar was. Een van die ongelooflikste dele van Y-knot is die feit dat ons mense met mekaar ge-connect het. Maar nie net ’n klomp dominees nie, hulle het mos allerhande vergaderings waar hulle lekker kan saam kuier. “Gewone” (as mens so iets kry) lidmate uit verskillende gemeentes, wat begin saam kuier, wat begin mekaar se stories hoor, idees uitruil, mekaar motiveer, en vriende word. Dit was die ongelooflike van die naweek se ontmoeting. 

Ons, en die Y-knot spanne van al die gemeentes, is Magaliesberg kampterrein toe. Daar het ons saam gesels oor drome, en begin aksieplanne formuleer. Maar dit mag dalk lyk asof ons nie veel gedoen het nie. 

Oor ons drome…

Ons besef dat uiteindelik gaan alles wat ons kan sê maar weereens oor:

  • Lewende water
  • Sagte harte
  • Helder ligte

Daar is baie ander maniere waarop mens dit kan verwoord, maar dit is wat ons wil sê. Dalk is daar ’n cooler manier om dit te sê, wat jongmense beter verstaan, maar dalk is daar nie. Jy’s welkom om idees in te gooi. 

Oor ons aksieplanne…

Ons glo dat die hele gemeente moet hoor wat ontdek is, wat gepraat is, en wat gedroom is. Ons wil dit graag deel met almal. Ons wil nie op one eie werk nie, maar saam met almal, al die jongmense, en die hele gemeente. Daarom wil ons graag hê dat ook in ons preke hierdie dinge aangeraak moet word.

Vir ons is ’n definitiewe aksieplan om die mense wat met jongmense connect te soek. Voor ons net ’n klomp programme uitdink wil ons weet wie die mense is wat saam met ons hierdie dinge wil laat gebeur. Saam met hierdie mense wil ons verder dink. Dalk sal ons bietjie meer vleis aan die ding begin gee in die volgende week of twee terwyl ons laaste algemene Y-knot byeenkoms oppad is. 

Y-knot is nou amper op ’n einde, en dalk gaan julle nie meer baie van ons Y-knot hoor in die maande wat kom nie. Maar ons het maar nog net begin droom oor ons jeug in Kameeldrif, en daarvan gaan julle nog baie hoor!

Older Posts »

Kategorië